Godwin se wet

Die Amerikaanse prokureur en skrywer Mike Godwin het sy gelyknamige wet in 1990 op Usenet geskep

Godwin se wet ("Godwin's law" in die oorspronklike Engels, of Godwin se reël van Hitler analogieë)[1][2] is 'n Internet gesegde wat beweer dat, soos 'n aanlyn bespreking langer word, die waarskynlikheid van 'n vergelyking met Hitler na 1 neig.[3] Met ander woorde, as 'n aanlyn-bespreking (ongeag die onderwerp of omvang) lank genoeg aangaan, sal iemand vroeër of later iemand of iets met Hitler of sy dade vergelyk.

Die stelling is oorspronklik deur die Amerikaanse prokureur en skrywer Mike Godwin in 1990 gemaak. Godwin se wet het oorspronklik spesifiek na Usenet nuusgroep besprekings verwys.[4] Dit word egter deesdae op alle gestruktureerde aanlyn besprekings toegepas, soos byvoorbeeld Internet forums en geselskamers, sowel as toesprake, artikels, en ander retoriek[5][6] waar sogenaamde reductio ad Hitlerum (reduksie tot Hitler, 'n sinspeling op reductio ad absurdum) kan plaasvind.

In 2012 is "Godwin's law" opgeneem in die derde uitgawe van die Oxford English Dictionary.[7]

  1. Tim Skirvin (15 September 1999). "How to post about Hitler and get away with it—the Godwin's law FAQ". Skirv's Wiki (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2014.
  2. Godwin, Mike (Oktober 1994). "Meme, Counter-meme". Wired (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2014. Besoek op 24 Maart 2006.
  3. Godwin, Mike (12 Januarie 1995). "Godwin's law of Hitler Analogies (and Corollaries)". EFF.org (in Engels). Electronic Frontier Foundation. pp. Net Culture – Humor archive section. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2017. Besoek op 19 Junie 2012.
  4. Godwin, Mike (August 18, 1991). "Re: Nazis (was Re: Card's Article on Homosexuality". Newsgroup: rec.arts.sf-lovers.
  5. http://bengoldacre.posterous.com/nazi-youth-pope-aligns-atheists-with-nazis-bi.
  6. Stanley, Timothy (6 Maart 2014). "Hillary, Putin's no Hitler". Opinion (in Engels). CNN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2017. Besoek op 6 Maart 2014.
  7. http://www.oed.com/view/Entry/340583?redirectedFrom=Godwin%27s+law#eid.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search